Ons is 'n gemeente in die ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Ons herinner mekaar aan ons liefde vir God en omgee vir mense met die leuse: "Jesus, alles in elkeen". Ons glo in die Bybel, luister na die Heilige Gees, en vertrou deur gebed. Gehoorsaamheid, verhoudings en diensbaarheid is vir ons belangrik. 

Al is ons bly jy besoek ons webblad, wil ons jou graag gesiglangs ontmoet! Kom maak 'n draai by een van die vele gereelde byeenkomste wat by ons gemeente plaasvind. Tussen weeklikse eredienste, omgeegroep byeenkomste, kursusse en kuier geleenthede sal jy verseker 'n plekkie kry!
Eredienste | Doop & huwelike | Raak betrokke

Ons webblad dien as 'n sentrale bron vir verskeie formate van media, wat jou kan help met geestelike groei, om in te skakel of net algemene inligting te kan bekom. Laai ons preke af, of lees enige van ons verskeie publikasies aanlyn. Hier kan jy ook enige belangrike vorms of dokumentasie bykom.
Hieronder volg belangrike inligting oor die Moreletapark Gemeente Sosiale Netwerk...

GEBRUIKERSBELEID

As jy die moeite gedoen het om te registreer op hierdie netwerk, het jy per implikasie ook "ja" gese vir die gebruikersbeleid van die netwerk. Ons verkies om nie bladsye se niksseggende beleid op jou af te dwing nie, maar die volgende paar punte is van uiterste belang as jy die voordele van die netwerk wil geniet.

  • Alle gesprekke geskied te alle tye binne die grense van wedersydse respek. Alhoewel ruimte gelaat word vir gesonde debat oor alle sake, sal geen persoonlike aanvalle of afbrekende taal geduld word nie.
  • Die netwerk is hoofsaaklik gemik op die aktiwiteite in en rondom Moreletapark Gemeente. Jy is egter ook welkom om persoonlike inligting, foto's, videos en ander materiaal op te laai, solank dit nie die gees en atmosfeer van die netwerk, die gemeente en ons Christelike geloofsoortuigings te na kom nie.
  • Die administreerders van die netwerk behou die reg voor om enige persoon wat die gees van die netwerk herhaaldelik ondermyn te verban, en ook die rekening en enige data van sodanige persoon summier uit te vee.

Laaste opgedateer deur Mynhardt van Pletsen Jan 7, 2009.

EPOS NUUSBRIEF

Hier kan jy inskryf op ons e-pos nuusbriewe. Tik jou epos adres en naam, en kyk uit vir die nuutste nuus, gebeure en ekstras. Gratis en verniet!







   

Video van die week


Kliek hier om nog videos te sien...

Oudio

Loading…

Foto's

Loading…
  • Voeg Foto's By
  • Sien Nog

© 2012   Created by MP Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service